Nida se mislukkings kos miljoeneApril 28, 2025

Ten spyte van miljoene dollars wat bestee is op ontwikkelingsprojekte is meeste ‘n volslae mislukking Die Tender Bulletin berig daar is 31,2 miljoen Namibiese dollar vir die projekte, wat onder Nida resorteer, in die vorige boekjaar begroot. Hulle sluit in die 2022-Nkurenkuru klerefabriek, die Ondangwa leerlooiery, die Manyeha krokodil leersentrum, en die Otjiwarongo biomassaprojek. Al die projekte is nog nie op die been nie en so ook nie die 30 industriële komplekse wat regoor die land gebou is nie.