Hengari verskyn, borg geweierApril 28, 2025
Mac Hengari het in die Windhoek-laerhof verskyn op ‘n klag van regsverydeling. Dit kom na hy blykbaar 230 000 Namibiese dollar oor die naweek aan die 21-jarige vrou met wie hy blykbaar ‘n verhouding het, wou betaal, vermoedelik dat sy klagtes teen hom terugtrek of, dat sy Kanada toe kan verhuis. Die presiese besonderhede is nog nie bekend nie. Saam met hom in die hof was Simon Hanga, die vrou se broer wat blykbaar ook teenwoordig was. Die saak is tot 3 Junie uitgestel en borg is geweier. Hy is blykbaar ‘n vlugrisiko.