Gewaagde roof op Swakopmund lok wyd reaksie uitApril 28, 2025
Die bekende Bits ‘n Pizzas restaurant op Swakopmund het die naweek deurgeloop onder ‘n gewapende roof. Die Erongo polisie sê vyf klante, insluitend twee Duitse burgers, was in die winkel toe ses gewapende mans die perseel binnegestorm het en almal beveel het om op die vloer te lê. Een van die verdagtes het na bewering na die kasregister gegaan en kontant ter waarde van 6 188 Namibiese dollar, twee bottels Jameson whiskey en twee selfone van die maatskappy gevat. Die kliënte is ook beroof en die totale waarde van die kontant en goedere wat gebuit is beloop 28 880 dollar. Niks is nog teruggevind nie en geen arrestasie is gemaak nie.