Angola sukkel met lae olieprys, sal dalk IMF-lening neemApril 28, 2025
‘n Daling in ru-oliepryse verhoog die waarskynlikheid dat Angola ‘n lening van die Internasionale Monetêre Fonds sal benodig. Die buurland se regering voer strestoetse uit om die impak op sy finansies te meet. Afrika suid van die Sahara se tweede grootste ru-olie-uitvoerder het sy 2025-begroting gebaseer op ‘n olieprys van 70 Amerikaanse dollar per vat, maar Brent verhandel laer. Terwyl ‘n kleiner daling in oliepryse ‘n bevriesing in sommige besteding kan veroorsaak, sal ‘n daling tot byvoorbeeld 45 dollar waarskynlik ‘n aanvullende begroting vereis.