Titanic-brief behaal rekordprysApril 27, 2025
’n Brief geskryf deur ’n Titanic-passasier dae voordat die skip gesink het, is vanoggend vir ’n rekord 300 000 Britse pond op ’n veiling in die Verenigde Koninkryk verkoop, vyf keer meer as wat verwag is. Kolonel Archibald Gracie se brief word as profeties beskou, want hy sê hy sou eers ‘n oordeel oor die skip aan die einde van sy reis fel.
Die brief is gedateer 10 April 1912, die dag toe Gracie op die Titanic in Southampton geklim het, en vyf dae voordat dit gesink het nadat hy ‘n ysberg in die Noord-Atlantiese Oseaan getref het.