Tennis: Sinner betaal vir sy sondesApril 27, 2025
Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, sê hy verwag nie dat dit maklik sal wees wanneer hy volgende maand na die ATP-toer terugkeer nie. Hy was drie maande geskors weens ʼn opkikkerbevinding. Die Italianer het laas gespeel toe hy die Australiese Ope aan die begin van die seisoen gewen het. Hy is in Februarie geskors na ʼn ooreenkoms met die Wêreldagentskap teen Verbode Middels in Sport. Sinner het weer begin oefen en sê hy hoop om momentum te kry voor sy eerste toernooi by die Meesters in Rome.