Tennis: Arnaldi skakel Djokovic uitApril 27, 2025

Die ongekeurde Italiaaner, Matteo Arnaldi het gister die vierde gekeurde Novak Djokovic by die Madrid Open oorweldig. Arnaldi het ‘n geïnspireerde vertoning gelewer teen sy lewenslange held en die driemalige kampioen, wat nie op sy beste was nie, met 6-3, 6-4 in die tweede ronde uitgeskakel. Dit is Djokovic se derde opeenvolgende nederlaag nadat hy in die Miami-eindstryd teen Jakub Mensik verloor het, en daarna in sy eerste wedstryd in Monte Carlo-Ope deur Alejandro uitgeskakel is. Arnaldi kom volgende teen Damir Džumhur van Bosnië te staan.