Reuse-ontploffing ruk hawe in IranApril 27, 2025

‘n Reuse-ontploffing by Iran se grootste hawe, oënskynlik die gevolg van houers chemikalië wat verkeerd geberg is, het Saterdag die lewens van ministens vier mense geëis en meer as 500 mense beseer. Die ontploffing, wat by die Shajid Rajaee-deel van die Bandar Abbas-hawe geruk het, het gebeur terwyl Iran ‘n derde ronde onderhandelinge oor kernkrag met Amerika in Oman begin het. Daar is egter geen onmiddellike verband tussen die twee gebeure nie.