‘Opveil van viskwotas kortwiek Namibiërs’April 27, 2025

Die Konfederasie vir Namibiese Visverenigings het ‘n beroep op die regering gedoen om nie langer viskwotas op te veil nie. Matti Amukwa, voorsitter van die vereniging, het Vrydag tydens die jaarlikse byeenkoms van dié bedryf in Walvisbaai gesê die opveil van kwotas belemmer Namibiërs se deelname in die bedryf. Die regering se veilingsproses is ‘n manier om inkomste verdien en betrek internasionale en plaaslike spelers.