Ontplooi weermag in Okahandja, vra burgemeesterApril 27, 2025
Okahandja se burgemeester, Beatrice Katungondo, het vir die ontplooiing van die weermag in die dorp gevra om die gemeenskap te beveilig ná twee jong dogtertjies binne in maand op dié dorp vermoor is. In die jongste voorval is die liggaam van die sesjarige Roslin Fabian Vrydag in Veddersdal gevind. Katungondo het Saterdag tydens ‘n nuuskonferensie ook vir die groter teenwoordigheid van die polisie gevra. Intussen het die polisie Saterdag ook die naakte liggaam van ‘n vrou in haar vroeë dertigs in Vyfrandkamp gevind.