Minister stuur NamPol se ‘beste’ na OkahandjaApril 27, 2025

Veiligheid- en sekuriteitsminister Lucia Iipumbu sê sy het die hoof van die Namibiese polisie beopdrag om Nampol se beste te ontplooi om die kindermoorde op Okahandja “dringend en deeglik” te ondersoek en die skuldiges vinnig te vang. Die regering sal nie die vernietiging van onskuldige kinderlewens duld nie, sê Iipumbu. Haar reaksie volg op die ontdekking van die sesjarige Roslin Fabian se liggaam Vrydag, skaars ‘n maand ná die vyfjarige Ingrid Maasdorp vermoor is. Intussen het die polisie die identiteit bekend gemaak van ‘n 15-jarige meisie, wie se naak liggaam Saterdag in Vyfrandkamp gevind is. Beyonce !Kharuxas is na bewering verkrag en vermoor.