Gemengde gevegskuns: Saaiman plat ná net twee minute by UFCApril 27, 2025

Cameron Saaiman, Dricus du Plessis se spanmaat, het gisteraand in ‘n UFC toernooi in Kansas City ‘n verpletterende nederlaag in net twee minute van sy geveg teen die nuweling, Malcolm Wellmaker, beleef. Saaiman het op teleurstellende wyse, voorheen twee gevegte agtereenvolgens verloor, wat sy loopbaan niks goed gedoen het nie. Hy het gehoop om weer op die wenpad te kom teen Wellmaker, maar ‘n vernietigende regter haakhou het Saaiman katswink na die mat gestuur en sy toekomsplanne ‘n slegte knou gegee.