EFF volstoom in BTW-strydApril 27, 2025

Die EFF het aanvullende hofdokumente by die Wes-Kaapse Hoogeregshof ingedien om in te gryp in die voortgesette regsuitdaging met betrekking tot die fiskale raamwerk en belastingvoorstelle wat deur die Parlement aangeneem is. Die tesourier-generaal van die EFF, Omphile Maotwe, sê die ingryping is gegrond op die party se vasberadenheid om grondwetlike beginsels te handhaaf. Sy sê dit is ook om die Parlement te beskerm teen onwettige politieke manipulasie wat dreig om sy wetgewende mandaat te benadeel, en om Suid-Afrikaners te beskerm teen onregverdige belasting met ‘n ondeurdagte BTW-verhoging.