Eerste Afrikaners pak tasse vir AmerikaApril 27, 2025
Die eerste sogenaamde Afrikaner-vlugtelinge staan blykbaar gereed om volgende week na Amerika te verhuis. Volgens ‘n groep genaamd “Amerikaners”, wat uit sowat 40 000 vlugtelinge bestaan, is ongeveer 30 aansoeke van gesinne reeds verwerk. Dit volg op die uitvoerende bevel van Amerika se president Donald Trump onlangs om vlugtelingstatus aan Afrikaners te bied.