Eer pous se nalatenskap, vra kerkApril 27, 2025

Presidente, koninklikes en ‘n menigte roubeklaers het tydens ‘n plegtige begrafnisseremonie, Pous Franciskus vaarwel geroep. ‘n Kardinaal het ‘n beroep gedoen om die pous se nalatenskap van sorg vir hawelose mense, die onderdruktes en die omgewing, lewend te hou. ‘n Geskatte 250 000 mense het die seremonie bygewoon. Amerikaanse president Donald Trump, wat met die pous oor hierdie kwessies gebots het, het saam met buitelandse hoogwaardigheidsbekleërs aan die kant van Franciskus se kis in Sint-Pietersplein gesit. Die pous wat die kerk 12 jaar gelei het, is Maandag in die ouderdom van 88 na ‘n beroerte oorlede.