Woede laai op oor moorde op OkahandjaApril 26, 2025
Druk op die regering en Okahandja se owerhede is aan die oplaai ná die liggaam van die sesjarige Roslin Fabian Vrydag in Veddersdal op die dorp gevind is, omtrent ‘n maand ná die moord op vyfjarige Ingrid Maasdorp in dieselfde woonbuurt. Op sosiale media eis die gemeenskap die onmiddellike ontplooiing van polisiepatrollies. NEFF-aktivis Michael Amushelelo is onderweg na die dorp en het ‘n beroep op die publiek gedoen om by hom aan te sluit om sake in eie hande te neem. Okahandja se burgemeester, Beatrice Kotungondo, hou tans ‘n nuuskonferensie ná sy ‘n beplande protesoptog Dinsdag afgekeur het omdat dit glo met die toerisme-ekspo op die dorp sou inmeng.