Rusland, Oekraïne op koers, sê TrumpApril 26, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het Vrydag gesê Rusland en die Oekraïne “is baie naby aan ‘n ooreenkoms”, ure nadat sy gesant Steve Witkoff en die Russiese president Vladimir Poetin samesprekings in Moskou gevoer het. Volgens Trump was dit ’n “goeie dag” van onderhandelinge, terwyl die Kremlin die samesprekings – waarby die Oekraïne nie teenwoordig was nie – as “konstruktief” beskryf het. Intussen het die Oekraïense president, Volodymyr Zelensky, laat Vrydag in sy video-toespraak gesê dat “werklike druk op Rusland nodig is” om ‘n onvoorwaardelike wapenstilstand te aanvaar.