Pous Franciskus vandag ter ruste gelêApril 26, 2025

Sowat 200 000 mense sal na verwagting vandag pous Franciskus se begrafnis in Rome bywoon, insluitend sowat 130 afvaardigings. Die 88-jarige pous is Maandag dood na ʼn beroerte en hartversaking. Wêreldleiers, waaronder sir Keir Starmer van Brittanje, president Donald Trump van Amerika en president Emmanuel Macron van Frankryk, het reeds in Rome aangekom. Minstens 250 000 mense het die laaste eer aan die ontslape kerkleier betoon terwyl hy die afgelope drie dae in die Sint Petrus-baseliek in staat gelê het.