NNN-afgevaardigde by pous se begrafnisApril 26, 2025
Pous Franciskus het tot sy laaste dag op aarde van homself gee, het kardinaal Giovanni Battista vanoggend in Rome tydens die begrafnisdiens van die ontslape kerkleier gesê. Battista, wat die diens gelei het, sê hy was ʼn pous tussen mense met ʼn oop hart vir almal. Namibië se minister van buitelandse betrekkinge, Selma Ashipala-Musavyi, woon die verrigtinge in die Vatikaan namens president Netumbo Nandi-Ndaitwah by en sal ‘n boodskap van medelye gee. Ambassadeur Martin Andjaba vergesel Ashipala-Musavyi.