MotoGP: Márquez laat spat baanrekordApril 26, 2025

Die plaaslike renjaer Alex Márquez het ’n baanrekord opgestel tydens finale oefening vir die Spaanse MotoGP, waartydens talle ryers die baan byster geraak het. Francesco Bagnaia van Italië was tweede vinnigste, gevolg deur sy landgenoot Franco Morbidelli. Die kampioenskapsleier Marc Márquez was vierde vinnigste en die Fransman Fabio Quartararo vyfde. Die oefening is onderbreek toe Alex Márquez teen hoë spoed gegly en geval het. Sy fiets het oor die gruisput gegly en deur ’n heining geskiet. Die baanbeamptes het rooi vlae gewaai terwyl die versperring herstel is.