Liggaam van nóg ‘n dogtertjie op Okahandja gevindApril 26, 2025

Die gemeenskap op Okahandja is geruk ná die polisie Vrydag die liggaam van die sesjarige Roslin Fabian agter die begraafplaas in Veddersdal op dié dorp gevind het. Dit is skaars ‘n maand nadat die vyfjarige Ingrid Maasdorp verkrag en vermoor in dieselfde woonbuurt gevind is. Fabian was sedert Donderdag vermis. Beide kinders was leerlinge van die KW von Marees Gekombineerde Skool op Okahandja.