Kabinet keur kwota vir monnikvis goedApril 26, 2025
Die kabinet het ‘n totale toelaatbare vangs van 9 600 metrieke ton monnikvis vir die komende seisoen goedgekeur. Die seisoen begin op 1 Mei en strek tot 30 April 2026, het inligtingsminister Emma Theofelus Vrydag aangekondig. Volgens die jongste syfers van die Namibiese Statistiekagentskap is die land se uitvoerverdienste uit vis onder druk. In die laaste kwartaal van 2024 het dit met bykans 12 persent tot 2,7 miljard Namibiese dollar getuimel, vergeleke met die ooreenstemmende tydperk in 2023.