Honderde gesondheidswerkers vang graad by UnamApril 26, 2025

Altesaam 501 gesondheidswerkers van die Universiteit van Namibië het Vrydag graad gevang, waarvan 190 verpleegsters is. Volgens die visekansalier van Unam, professor Kenneth Matengu, sal die nuut gegradueerdes baie help om gelyke gesondheidsorg vir almal te bevorder. Die kabinet het vroeër vanjaar die beleid vir universele gesondheidsdekking goedgekeur.