Van Blerk-broers op pad na Wêreld Boogjagter KampioenskapApril 25, 2025

Twee van die Boogskietvereniging van Namibië se beste skutte sal die beste ter wêreld aandurf by die gesogte Wêreld Boogjagter Kampioenskap in Suid-Afrika. Henk en Hofmeyr van Blerk sal teen meer as 400 boogskutters uit verskillende lande in onderskeidelik die volwasse boogjagter onbeperkte afdeling vir mans en die volwasse vryslag onbeperkte afdeling meeding. Die kampioenskap vind van Sondag tot 3 Mei by die Elgro River Lodge in Potchefstroom plaas. Albei broers het reeds verskeie medaljes van goud tot brons in internasionale kompetisies gewen.