Senior Russiese offisier sterf in motorbom-ontploffingApril 25, 2025
‘n Senior Russiese militêre offisier is vanoggend dood in ‘n motorbomontploffing naby Moskou. Die owerhede sê Yaroslav Moskalik se dood is veroorsaak deur die aktivering van ‘n tuisgemaakte ploftoestel gevul met vernietigende materiaal. Hulle het niemand van die aanval beskuldig nie, maar volgens Reuters is verskeie senior Russiese militêre offisiere in sluipmoord-aanvalle dood sedert die land se inval in Oekraïne. ‘n Tweede persoon het glo ook in die ontploffing gesterf. Moskalik, ‘n generaal-majoor, het aan verskeie hoë-vlak afvaardigings deelgeneem.