Putin loop deur onder wêreldleiersApril 25, 2025
Wêreldleiers veroordeel Rusland se jongste lugaanvalle op Oekraïne waarin 12 mense in Kiëf dood is. Frankryk se president, Emmanuel Macron, sê Russiese president Vladimir Putin moet ophou lieg dat hy vrede in Oekraïne wil hê. Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê die lugaanvalle is ʼn teken dat Moskou die aggressor is. Denemarke se minister van Buitelandse Sake, Lars Løkke Rasmussen, sê die aanval is ʼn bewys van Putin se wreedheid, terwyl sy Tsjeggiese ampsgenoot, Jan Lipavský, sê Rusland wil nie ʼn vredesooreenkoms hê nie.