Nudo-leierskap bedank April 25, 2025
Die president van Nudo, Ester Muinjangue, het bevestig sy sal bedank as leier van die party. Sy het reeds in Maart aangedui dat sy sal bedank en haar bevestiging kom na Joseph Kauandenge die week ook aangekondig het dat hy uittree as sekretaris-generaal. Albei het bevestig dat hulle wel as partylede sal aanbly. Die aankondigings het vrae laat ontstaan omdat die adjunk-sekretaris-generaal, Joseph Uapingene sê hy dra nie kennis nie. ‘n Vergadering sal môre gehou word en Uapingene sal waarskynlik as sekretaris-generaal bevestig word en die partyleierskap bespreek sal word.