NNN antwoord (nie) op PDM se August 26 vraagApril 25, 2025
Tydens die vraag-en-antwoord sessie na president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede, het PDM-leier McHenry Venaani na die president se aangekondigde stryd teen korrupsie verwys. Hy wou weet wanneer die verslag oor die oudit van August 26 Holding Company se boeke vrygestel gaan word. Die maatskappy werk met openbare fondse.
Die president het so geantwoord, of eintlik glad nie geantwoord nie.