Mes-maatreëls in Frankryk onder die loep na stekery by skool April 25, 2025
Die Franse eerste minister, Francois Bayrou dring aan op ‘n verskerping van deursoeking vir messe in skole. Dit volg na ‘n tienermeisie dood is en drie studente beseer is in ‘n mesaanval by die Notre-Dame-de-Toute-Aide-skool in Nantes. Die aanvaller, ‘n 15-jarige seun, is glo op die toneel gearresteer na hy deur ‘n onderwyser oorrompel is. Bayrou sê ‘n kommissie sal aangestel word om ondersoek in te stel na die hantering van tiener mes-misdade in terme van wapenverkope en die dra van messe.