Inheemse mense ly onder klimaatsverandering, maar is steeds uitgesluitApril 25, 2025
‘n Nuwe VN-verslag waarsku inheemse mense wat minstens 80-persent van die wêreld se biodiversiteit beskerm, word steeds van wêreldoptrede teen klimaatsverandering uitgesluit. Ondanks hulle omvattende kennis van die omgewing, ontvang hulle minder as 1 persent van die klimaatbefondsing en hulle word dikwels van besluitneming uitgesluit. Data toon dat groen projekte soos mynbou en ontkoling inheemse grond beskadig. Die verslag doen ‘n beroep vir wyer insluiting, befondsing wat inheems gelei word en respek vir tradisionele kennis in inheemse gemeenskappe soos die Quechua in Peru en die Comcaac in Mexiko.