Ekoloog kap Afrika-energiekamer oor ‘Drill, baby, drill’April 25, 2025

By die Internasionale Energiekonferensie het die voorsitter van die Afrika-energiekamer, NJ Ayuk, Namibië aangespoor om sy olie- en gasbronne ten volle te benut, ten spyte van wêreldwye oproepe vir ‘n groenekonomie. Ayuk het Donald Trump se slagspreuk “Drill, baby, drill” herhaal en gesê die land moet alle energiebronne gebruik om in sy behoeftes te voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Peter Cunningham, ‘n Namibiese ekoloog gepraat.