DRK en M23 belowe om vrede te bewerkstelligApril 25, 2025

Die Demokratiese Republiek van die Kongo en die Rwanda-gesteunde M23-rebelle het in verklarings belowe om te werk om vrede te bewerkstellig. Dit kom ná meer as ‘n week se samesprekings in Katar en die twee kante het afsonderlik dieselfde verklaring uitgereik. Albei partye bevestig hul toewyding tot ‘n onmiddellike staking van vyandelikhede, ‘n kategoriese verwerping van enige haatspraak en intimidasie, en doen ‘n beroep op plaaslike gemeenskappe om hierdie verpligtinge te handhaaf, lui die verklaring. Dit het hul samesprekings as eerlik en konstruktief beskryf, maar dit was onduidelik of nog ‘n ronde samesprekinge sal plaasvind.