Dis ‘n bron van kommer dat 7% alleen, medies kan bekostigApril 25, 2025
Behalwe vir staatsamptenare kan net 7 persent van Namibiërs mediese fondse bekostig, volgens ‘n Namfisa verslag. Bydraes het verlede jaar met 11,4 persent gestyg vanaf 2023, met die gemiddelde bydrae per begunstigde net meer as 6 900 Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, wat sê dit lyk nie goed nie.