Canyon-stapseisoen uitgestel oor watervlakkeApril 25, 2025
Namibia Wildlife Resorts het die komende stapseisoen in die Visrivier-canyon, wat van Mei tot September strek, tot verdere kennisgewing uitgestel na aanleiding van die hoë watervlakke in die Vis. Dit kom na die Neckartaldam oorgeloop het en die sluise van die Nautedam twee keer getrek is. Die NWR sê die huidige toestande toon beduidende veiligheids- en omgewingsuitdagings vir stappers. Kliënte wat reeds besprekings vir verblyf by NWR gemaak het gedurende die stapseisoen kan dit of uitstel of ‘n terugbetaling aanvra.