Beste oorsese reisbestemmings in MeiApril 25, 2025

Toronto, Kanada, is boaan Time Out se 15 beste reisbestemmings vir die Mei-vakansie. Die grootste aantrekkingskrag in Toronto is High Park, waar meer as 2 000 kersiebome in ʼn kleurespel van wit en pienk blom. Hokkaido, Japan, is tweede en bekend vir sy Matsumae-park, met 250 verskillende soorte kersiebloeisels. Derde is Athene in Griekeland om nou die antieke bouvalle te besoek voor die somer se ondraaglike hitte en groot skares. Memphis in Amerika en Utrecht in Nederland voltooi die topvyf.