Amushelelo sê Ingrid-protes moet voortgaan soos beplanApril 25, 2025
Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo het Okahandja se burgemeester Beatrice Kotungondo gekritiseer omdat sy nie ‘n beplande protes oor die vyfjarige Ingrid Maasdorp se verkragting en moord goedgekeur het nie. Dit was omdat die dorp se toerisme-ekspo terselftertyd plaasvind. Amushelelo het verwys na artikel 21 van die Grondwet en sê Namibiërs het die reg om oral en te eniger tyd te betoog. Hy was aanvanklik nie van plan om die protes by te woon nie, maar het belowe om dit nou op 29 April te lei. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gesels.
Hy het ook sterk menings oor die polisiemag gelig.