Amushelelo kom weer voor, sê hy het Shikongo-plasing verwyderApril 25, 2025
Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo se dringende aansoek teen NEFF-aktivis Michael Amushelelo is vanoggend voor regter Boas Usiku. Hy vra die hof om Amushelelo te dwing om ‘n plasing wat hy op 31 Maart vanjaar op Facebook gemaak het oor Shikongo se noodlottige motorongeluk in Desember 2022, te verwyder. Ingevolge ‘n vorige saak het hy en Amushelelo geskik en Amushelelo het ingestem om nie verdere plasings daaroor te maak nie. Amushelelo sê in sy statusverslag vanoggend hy het nog steeds nie die nodige geld vir ‘n prokureur nie maar sê hy het vir regshulp aansoek gedoen. Hy sê hy het die plasing verwyder en vra die hof om die pad vorentoe te bepaal. Hy is vroeër skuldig bevind aan minagting van die hof en 5 000 dollar beboet.