Woede oor Okahandja wat Ingrid-optog wil keerApril 24, 2025

Die Okahandja-munisipaliteit keer vir ‘n betoging wat vir 29 April beplan was. Inwoners soek geregtigheid vir die vyf-jarige Ingrid Maasdorp wat op 20 Maart vermis geraak het en verkrag en vermoor gevind is. Inwoners en aktiviste is woedend en die dorp se burgemeester Beatrice Kotungondo het uitgereik na die nasionale uitsaaier om hulle standpunt te verduidelik. Dit handel blykbaar oor die ekspo wat binnekort begin.

Maar, môre word nog ‘n betoging beplan. Inwoners mobiliseer steeds teen wanbestuur van die voormalige tuindorp. Kosmos 94.1 Nuus het met die gemeenskapsaktivis Sydney Gariseb oor hul griewe gesels.