Walvis-burgemeester opgeneem na motorongelukApril 24, 2025
Walvisbaai se burgemeester, Trevino Forbes, is Woensdagaand na die Welwitschia Hospitaal geneem na ‘n motorongeluk. Forbes was saam met sy vrou onderweg na die Metro supermark op die dorp toe ‘n motor glo hulle voertuig aan die bestuurder se kant getref het. Sy vrou is ongedeerd na die botsing op die hoek van Hage Geingob- en Sewendestraat. Forbes sê hy wag nog op die uitslae van die mediese ondersoek, maar dat sy sleutelbeen gebreek kan wees.