Vroue-Futsalspan lei 1-8 nederlaag teen MarokkoApril 24, 2025

Namibië se nasionale vroue Futsal-sokkerspan, die Brave 5 Gladiators, is met 8-1 geklop deur die sterk Marokko, gasheernasie van die Futsal Vroue Afrika-nasiesbeker 2025. Dit is die eerste keer dat Namibië aan die toernooi deelneem. Die Gladiators is in Groep A saam met Marokko en Kameroen. Groep B bestaan uit Angola, Egipte en Guinee, en Groep C uit Madagaskar, Tanzanië en Senegal. Die span se volgende groepwedstryd is Saterdag teen Kameroen.