Von Bach-Whk pyplyn vanoggend herstelApril 24, 2025

NamWater het die herstel van sy pyplyn van Von Bachdam se suiweringsaanleg na die hoofstad vyf-uur vanoggend voltooi. Die lyn word nou gevul en water sal stelselmatig terugkeer na sy direkte verbruikers sowel as Stad Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig die pyp, wat op die hoofoordragstelsel tussen Von Bach Booster 2 en die Windhoek-reservoir, weer naby Elisenheim gebreek het. Dit het plaasgevind op dieselfde plek as in Mei 2023 toe daar ook ‘n onderbreking was.