Uerikua vra onteiening, geregtigheid April 24, 2025

Die voormalige goewerneur van die Otjozondjupa-streek en Swapo LP, James Uerikua sê ‘n nuwe grondstrategie is nodig om te verseker dat Namibiërs ook toegang daartoe het. Hy sê buitensporige pryse vorm deel van die probleem. Volgens die ouditeur-generaal Junias Kandjeke is 36,7 miljoen hektaar grond steeds in wit besit, wat die oud-goewerneur as ongeregtigheid bestempel. Die nuwe Grond-wet laat toe dat grond onteien kan word en volgens Uerikua moet dit teruggegee word aan die regmatige eienaars.