Nou of nooit vir Sundowns teen Al AhlyApril 24, 2025

Sokker: Mamelodi Sundowns kom môre in Kaïro teen die Egiptiese span Al Ahly te staan in die tweede wedstryd van hul CAF Kampioeneliga-halfeindstryd. Die eerste wedstryd in Pretoria het sonder doele gelykop geëindig. Sundowns se hoofafrigter, Miguel Cardoso, sê hulle behoort in staat te wees om te wen ondanks die moeilike omstandighede. Die tuisspan se hoofafrigter, Marcel Koller, glo sy span kan die taak in die Egiptiese hoofstad afhandel.