Shafudah bevestig JeugontwikkelingsfondsApril 24, 2025

Die finansminister, Ericah Shafudah, sê die regering is verbind tot die stigting van ‘n Nasionale Jeug Ontwikkelingsfonds wat daarop gemik is om te indiensneming te skep vir die land se jeug. Sy sê die fonds is in reaksie tot stygende jeugwerkloosheid, wat op 44,5 persent staan. Sy het geen tydlyn daarvoor verskaf nie en The Brief berig dat die fonds ter ondersteuning van die vakleerlingsprogram en Nasionale Jeugfonds geskep sal word. Die programme wil net meer as 52 000 werksgeleenthede met 10 miljard Namibiese dollar skep.