Rusland se aanvalle in die Oekraïne duur voortApril 24, 2025
Minstens nege mense is dood en meer as 60 beseer in Russiese missiel- en hommeltuigaanvalle op die Oekraïnse hoofstad, Kyiv, vroeg vanoggend. Die gewondes sluit ses kinders in. Kharkiv, Oekraïne se tweede grootste stad, is in aanvalle oornag deur sewe missiele en 12 hommeltuie getref. Die aanvalle volg nadat Amerika se president, Donald Trump, die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, daarvan beskuldig het dat hy vredesonderhandelinge in die wiele ry. Die Russiese weermag het nog nie kommentaar gelewer nie, maar sê hulle het 87 Oekraïnse hommeltuie onderskep en nog 45 oor die Krimgebied.