Nuwe rekord word in Londense Marathon verwagApril 24, 2025

’n Nuwe wêreldrekord is Sondag in die vooruitsig in die Londense Marathon. Die huidige rekord is vroeër die maand in die Paryse Marathon opgestel toe 56 950 atlete die wedloop klaargemaak het, terwyl meer as 55 000 atlete in verlede jaar se New Yorkse Marathon gehardloop het. Sondag se roete begin by Greenwichpark en eindig op die Londense Mall net verby Buckingham-paleis. Langs die pad kan drawwers ander beroemde bakens soos die Toringbrug en Big Ben in die Britse hoofstad bewonder.