Nog water op pad na die Oranje, Vaaldam se sluise verder getrekApril 24, 2025
Nog water is op pad na die Oranjerivier met ‘n derde sluis wat by die Vaaldam oopgetrek is. Die buurland se waterowerhede sê die dam is tans amper 109 persent vol en nog ‘n sluis sal waarskynlik vandag oopgetrek moet word. Woordvoerder Wisane Mavase…
Intussen sê die plaaslike hidrologiese diens dat 2,56 meter by Blouputs aangeteken is teenoor 0,59 verlede jaar. Sendelingsdrif staan op 3,15 teenoor 0,61 in 2024. By Rundu vloei die Okavango op 7,55 meter en vlakke by Divundu het gestyg na 4,47 meter. Die Zambezi vloei laer by Katima op 5,11 meter maar hoog by Chobe Water Villas op 7,18 meter. Ruacana se vloei het afgeneem en die Kunene is op 789,4 kubieke meter per sekonde gemeet.