Nama-leiers eis nuwe volksmoord onderhandelingeApril 24, 2025

Namibië se eerste amptelike volksmoord herdenkingsdag is op 28 Mei, wat ook tot ‘n openbare vakansiedag verklaar is. Die Nama Tradisionele Leiersvereniging herdenk die volksmoord egter op 22 Mei, terwyl die Ovaherero 12 April en 2 Oktober verkies. Albei groepe is gekant teen die datum wat die regering vasgestel het, asook reparasie-onderhandelinge met die Duitse regering, waarvan hulle uitgesluit was. Die Nama-gemeenskap eis nuwe, deursigtige onderhandelinge, met die LPM wat hul oproep ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Maboss Ortmann, ‘n lid van die Nama Tradisionele Leiersvereniging se tegniese komitee, wat nie doekies omdraai nie.

Hy sê hulle het saam met die Ovaherero-gemeenskap die nuwe regering genader.