Hoeveel raffinaderye gaan ons hê?April 24, 2025
Daar is onduidelikheid oor die regering se planne vir die oliebedryf. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het weer beklemtoon dat ‘n raffinadery deel moet vorm van die bedryf met die doelwit om energie-kommoditeite uit te voer. Daar is reeds planne om ‘n modulêre raffinadery met ‘n kapasiteit van 300 000 vate daagliks in Walvisbaai op te rig. Maar, die voormalige lynminister Tom Alweendo het reeds in Julie verlede jaar bevestig dat onderhandelinge met Angola reeds begin het. Die plan was om deel te wees van die Lobito-raffinadery, ‘n projek onder leiding van Sonangol. Die projek sukkel reeds ‘n geruime tyd maar is in 2017 weer op die been gebring. President Netumbo Nandi-Ndaitwah wil ook plaaslike uraan omskakel in elektrisiteit met ‘n kernkragaanleg al meen kenners die stap is nie wys nie.