Enoch kanselleer BTW-verhoging April 24, 2025

Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het besluit om die BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte terug te trek. Hy sê in ʼn verklaring die besluit volg ná uitgebreide beraadslaging met politieke partye en versigtige oorweging van die parlementêre komitees se aanbevelings. Godongwana sê deur nie BTW te verhoog nie, sal daar op die medium termyn ʼn inkomste-tekort van sowat 75 miljard Suid-Afrikaanse rand wees. Hy sê die Parlement sal versoek word om uitgawes te besnoei om seker te maak die verlies aan inkomste benadeel nie Suid-Afrika se fiskale volhoubaarheid nie.